0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (6)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 6 of 6 matches in All Departments

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R191 Discovery Miles 1 910 Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Herrie Op Die Ou Tremspoor (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Herrie Op Die Ou Tremspoor (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Sagmoedige Neelsie se lewe word weereens versuur – hierdie keer nie deur die bure nie, maar deur Vroutjie, wat nou maar net nie kan verstaan hoekom hy nie ’n vaste werkie wil kry nie.

En so saam met Vroutjie se knaende klagtes kom daar nog slegte nuus: die Universiteit van Stellenbosch het besluit dat ’n man van Neelsie se geleerdheid sekerlik te vinde sou wees vir ’n reeks lesings oor onderwerpe wat begin by toe Adam nog ’n opgeskote jongeling was (Egiptelogie, Assiriologie, die Homeriese probleem) en aanloop tot by die verdere uithoeke van die wetenskap (Moderne Kosmogonie en so ietsie oor Einstein se teorie) ...

Neelsie se enigste hoop is maar om êrens in afsondering te gaan studeer aan al die hogere dinge, met die gevolg dat Herrie weer voor die trem ingespan word en die hele familie weer afsit na Meiringskloof, met etlike bewonderaars in tou.

Sonde Met Die Bure (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Sonde Met Die Bure (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Sagmoedige Neelsie ly onder die bure – en Vroutjie se alewige behoefte om die bure uit te stof. Hierdie keer gaan dit om ’n vakansiehuis en ’n motorkar. Maar o, die onkoste ... Op die ingewing van die oomblik skaf hy ’n oudsirkusolifant aan – ook bekend as Herrie – en ’n trem wat al beter dae gesien het, en siedaar: ’n vakansiehuis op wiele! Met Vroulief en Engela en haar menigte koffers aan sy sy, neem Neelsie die geweste op horings. (So ’n trem kan nogal verwoesting saai as dit aan ’n eiesinnige olifant vasgeketting word ...) En so eindig die trek in Meiringspoort, waar vele ander avonture vir hulle wag, voor deputasies vanaf beide Oudtshoorn en Prins Albert Neelsie met vreemdsoortige eerbewyse om die hals val.

Doppers En Filistyne (Afrikaans, Paperback, Revised edition): C. J. Langenhoven Doppers En Filistyne (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
C. J. Langenhoven
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Stoffel Gieljam is ’n man met ’n grief, en sy grief is van so ’n aard dat hy hom nou maar tot die boekewêreld wend in ’n poging om sy saak te lug, met sy neef Neelsie wat omsien na dinge soos spelling en ander sulke modegoed. En Neelsie help nou maar want hy skuld sy oom ’n sommetjie geld.

Stoffel het ’n appeltjie te skil met die dorpse mense – heidense Nattes deur die bank – wat hulself Engels hou en dan ’n man se lewe versuur met belaglikhede soos dokters wat jou net dood wil hê. Om nie eers te praat van buurmanne soos Makpaatrie en die voormalige Koos van der Byl (nou Jiems Wénderbaail) nie.

Maar Stoffel is reg vir hulle – gee hom net ’n tafel, ’n gehoor en ’n dop, en hy sal hulle ’n ding of twee vertel ...

Kootjie Totjie (Afrikaans, Paperback, Revised edition): C. J. Langenhoven Kootjie Totjie (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
C. J. Langenhoven; Illustrated by Marjorie van Heerden
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Kootjie Totjie is een van Langenhoven se gesogte kinderverhale en bekoor vandag nog kinders – en grootmense. Kootjie Totjie is ’n wit varkie wat heerlik op die plaas woon – totdat Gert Wolf die dag besluit dis vreeslik onregverdig dat net boere varkies vir die slag mag aanhou en hy Kootjie summier ontvoer.

Die jonge Kootjie verlang vreeslik na sy ma daar in sy gevangenskap in die bos, maar ’n ma-duif ontferm haar oor die ou varkie en sy kom met ’n plan vorendag om Kootjie van die slagtersmes te red – en wat ’n meesterlike plan is dit nie!

Die humor en lewendige beskrywings spreek van Langenhoven-stories se eiesoortige bekoring.

Loeloeraai (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Loeloeraai (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven
R192 Discovery Miles 1 920 Ships in 10 - 15 working days

Loeloeraai, wat oorspronklik in 1923 uitgegee is, is heel moontlik die eerste Afrikaanse verhaal in die wetenskapsfiksie-genre. Die meeste van die kleurvolle karakters in die boek is ou bekendes uit Langenhoven se ander verhale, soos Kerneels, Vroutjie, hul dogter Engela, oom Stoffel, swaer Watwo, Herrie, Kerneels se mak olifant en Jakhals, Kerneels se hond. Die ander hoofkarakter is Loeloeraai, 'n onverwagse besoeker van Venus wat een aand met sy ruimtetuig op Kerneels se werf land. Eers is Kerneels-hulle baie agterdogtig oor die wyse vreemdeling vanuit die buitenste ruim, maar gaandeweg leer hulle dat hy in vrede gekom het. Maar ander mense leer gou-gou van Loeloeraai se bestaan en die gereg wil hom in die tronk stop omdat hy die land onwettig binnegekom het... Buiten Langenhoven se humor wat die verhaal kenmerk, kan ons sien watter kennis van die wetenskap en die buitenste ruim reeds in daardie tyd bestaan het en kan ons ook agterkom watter kennis tekortgeskiet het. Loeloeraai se besoek is om meer van die aarde te leer en ook leer hy die mensheid meer van homself en hoe kenmerke soos gierigheid, selfsug en wreedheid die mens se vooruitgang belemmer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Clare - The Killing Of A Gentle Activist
Christopher Clark Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
This Is Why
Paramore CD R397 Discovery Miles 3 970
Sony PlayStation 5 Slim Console (Glacier…
R15,299 Discovery Miles 152 990
Too Hard To Forget
Tessa Bailey Paperback R280 R224 Discovery Miles 2 240
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Sony PlayStation Dualshock 4 V2…
R1,303 Discovery Miles 13 030
Ergo Mouse Pad Wrist Rest Support
R399 R319 Discovery Miles 3 190
Gloria
Sam Smith CD R407 Discovery Miles 4 070
Cable Guys Controller and Smartphone…
R399 R349 Discovery Miles 3 490
Cable Guys Controller and Smartphone…
R408 Discovery Miles 4 080

 

Partners